Bobby Locke Ope

“Die Bobby Locke Ope is terug en Robertson Gholfklub is trots om hierdie toernooi weereens as een van die beste Opes in Die Boland te promiveer. Die toernooi is vir die eerste keer in 1965 gespeel en die legendariese Bobby Locke het sy naam aan die toernooi gekoppel en ook 'n trofee geskenk.

Die laaste keer wat die toernooi gespeel was, was in 2003 toe dit nog 'n 9 putjie baan was. Robertson Gholfklub spog nou met 'n nuwe 18 putjie baan met 'n pragtige uitleg en met van die beste setperke in die Wes Kaap.

Jaquin Hess (+2) het die 2011 toernooi gewen met 'n telling van 144 houe wat gelyk is aan baansyfer. Hy is 'n boorling van Robertson en speel ook vir Boland se Provinsiale span. Ludwig Vercuiel (Algemene Bestuurder) het die besto Netto van 146 aangeteken.”

Wenner


 
   

Picture Gallery

Home
Golf Accommodation
Contact Us
Development
Advertise
Southern Africa
Breede River Travel


Quick Links

News
Events
Newsletter
Winter Special

All Inclusive Golf Packages